Hoe om ‘N Boomhuisie te Bou

Here is my ultra-short shortstory ‘How to Build a Treehouse‘ translated by James H London into Afrikaans, for our Boer readers. 

***

Hoe om ‘n boomhuisie te bou
deur John C Wright

Hier verskil dinge. Dis nie dieselfde as op Aarde nie. Benader die boom naakt, dra geen byl, geen saag. Verduidelik in ‘n helder stem jou hartseer, maar gebruik nie woorde nie. Sing. Onse bome ken musiek as ons universieële taal. Miskien is daar veel wat nie kan uitgedruk wees nie, in so ‘n taal, maar dié dinge, die belangrike dinge, kan so wees.

As die boom verstaan wat jy verloor het, wil dit beweeg. Wortels sal afreik om jou vrou se lyk te vind, al hoe diep gegrawe. Die vrugte van die lewe sal blom, ons het geen winter hierso nie. As sy aan die oppervlak getrek is, druk vir die sap in haar mond in. Een druppel is genoeg. Twee wil vir haar ‘n digster maak, drie ‘n profeet.

Die takke sal vir hulself in ‘n bruidskamer op die boom se kroon vleg. Daar mag julle in vreedsame geluk vir alle dae woon.

Ek’t vergeet om te noem: om die boom voor te berei, hang vir ‘n god van sy takke af, en laat sy bloed in die wortels, die vrugte, en ooral daarom gaan, sodat die krag van oneindigende liefde – Wat bedoel jy, jy het alreeds so ‘n boom op Aarde? Hoekom het jy hierso gekom? Die huis wat jy in daardie boom bou is ‘n w’ragtige herehuis, as jou god die timmerman se seun is, as jy so sê.

So jy gaan weer vir haar sien. Jy het vir verhale van my vreemde tuin genoeg geglo, voordat jy eers hierso aangereis het.

Hoekom glo jy nie vir hom nie?